Test

Kursus

Die Vrou 2.0

droom • dink • doen • met menslikheid in die middel

Vir wie is hierdie kursus?

Die Vrou 2.0 Kursus is 'n eendag-werkswinkel (09h00–16h00) wat mik om vroue van alle agtergronde toe te rus met praktiese vaardighede om kunsmatige intelligensie verantwoordelik in hul daaglikse lewens te gebruik. Deur 'n unieke kombinasie van selfontdekking, vaardigheidsontwikkeling, gesondheidsbemagtiging en stelsel-bou leer vroue hoe om AI as 'n hulpmiddel te gebruik om die lewe te bou wat hulle werklik wil hê: binne hul werklike beperkings, nie 'n ideale weergawe daarvan nie. Hierdie program is meer as net 'n kursus. Dit is 'n bemagtigende dag wat kennis, selfvertroue en gemeenskap saamvoeg, asook hoe om pret met KI te hê in alle daagse lewe.

droom • dink • doen • met verantwoordlike KI

Visie

Hierdie program is ontwerp as 'n praktiese, intieme leerervaring vir vroue waarin kunsmatige intelligensie, persoonlike groei, alledaagse welstand en kreatiewe aspirasies saamvloei.

Die doel is om vroue:

  • te help om hul eie lewenspatroon en stem te ontdek
  • werklike uitdagings in hul lewens te identifiseer en aan te pak
  • KI as 'n persoonlike denkmaat, hulpmiddel en skeppingsvennoot te gebruik
  • stelsels te bou wat om hul beperkings werk, nie daarteen nie
  • selfvertroue te ontwikkel om vir hulself op te kom by bv. dokters, prokureurs, tydens onderhandelinge, en moeilike gesprekke

Kern Pilare

Elke les is gekoppel aan 'n werklike, alledaagse uitdaging bv. gesondheid, geld, styl, tyd, of verhoudings.

Leer → Probeer → Pas Aan → Gebruik.

Elke les sluit 'n praktiese oefening in waar elke vrou self met KI werk, nie net daaroor leer nie.

Die POR-formule word vroeg geleer sodat elke vrou enige por kan aanpas vir haar eie lewe en oefen om dit relevant te maak tot haar.

Eer werklike beperkings — chroniese siekte, beperkte tyd, beperkte begroting, lewensfase en bou binne die beperkings eerder as om dit te ignoreer.

Vrouwees, KI, en Bemagtiging

Kursus Inligting

Leeruitkomste

  • Ontdek hoe om KI as 'n persoonlike hulpmiddel te gebruik wat by jou eie lewenspatroon en doelwitte aanpas.
  • Leer die POR-formule om enige por op te skerp en kragtige antwoorde te kry.
  • Bou 'n persoonlike lewensplan en stelsels wat om jou werklike beperkings werk.
  • Verstaan jou eie liggaam beter en leer hoe om jou eie gesondheidspleitbesorger te wees.
  • Ontdek jou kleure, styl en welstand-gewoontes wat by jou werklike lewe pas.
  • Praat met selfvertroue oor geld, werk en moeilike besluite met KI as 'n geduldige denkmaat.
  • Bou 'n gemeenskap met ander vroue wat dieselfde reis stap.

Wat word ingesluit?

  • Middagete, oggend- en middagverversings is ingesluit; aandag word gegee aan voedsame, ligte kos.
  • Kursusmateriaal en werkboek word verskaf.
  • Begeleide sessies deur 'n ervare Afrikaanse skrywer en opvoeder.

Program