ontdek jou potensiaal
Kursusse
droom • dink • doen • waar menslikheid sentraal staan
Agtergrond
'n visie vir die toekoms
By Kleinbosch glo ons dat elke student die reg het om toegerus te word vir die lewe wat voor hulle lê. Deur vier praktiese kursusse - Bou 'n Besigheid, Skryfkuns, Slim Studeer en Vrou 2.0 - word leerders blootgestel aan waardevolle kennis, vaardighede en hulpmiddels wat hulle in die toekoms kan saamvat. Hierdie vier kursusse is egter slegs die begin; soos Kleinbosch groei, sal ons aanbod voortdurend uitbrei en ontwikkel om aan die veranderende behoeftes van ons studente te voldoen.
Kleinbosch gaan verder as bloot teoretiese of tegniese opleiding. Ons streef daarna om leierskap- en lewensvaardighede doelbewus in elke aspek van die leerervaring in te weef. Binne 'n warm plaasomgewing waar kultuur, samewerking en gemeenskap sentraal staan, word leerders nie net vir die werkswêreld voorberei nie - hulle word gevorm as mense van karakter, aanpasbaarheid en visie.
Leierskapvaardighede
Kommunikasievaardighede
Leer hoe om duidelik en met selfvertroue te praat.Spanwerk en samewerking
Verstaan die waarde van saamwerk teenoor kompetisie.Besluitneming en probleemoplossing
Leer hoe om keuses te maak en verantwoordelikheid te dra.Selfleierskap en tydsbestuur
Stel doelwitte en beplan roetines.Etiese leierskap
Leierskap gebaseer op waardes, respek en diensbaarheid.Lewensvaardighede
Emosionele intelligensie
Verstaan emosies en hoe om dit te bestuur.Finansiële geletterdheid
Basiese geldbestuur (spaar, begroting, skuld).Praktiese vaardighede
Kook, tuinmaak, eerstehulp, basiese herstelwerk.Digitale geletterdheid
Gebruik van nuwe tegnologie en aanlyn veiligheid.Selfkennis en identiteit
Ontdek jou eie sterkpunte, passies en waardes.droom • dink • doen • met verantwoordelike Kunsmatige Intelligensie
Kursusse
Verbreed jou toekoms
Bou 'n Besigheid
Kursusbeskrywing
'n 4-dae / 3-nagte intensiewe program vir Graad 10 - 12 leerders waar entrepreneurskap, KI en persoonlike doelgerigtheid saamvloei - van idee tot werklike prototipe of advertensie.
Prys
R 5 450 per leerder - etes, beddegoed, handdoeke en slaapplek ingesluit.
Vereistes
Graad 10 - 12. Aktiewe Gmail-rekening benodig.
verken jou kreatiwiteit
Skryfkuns
Kursusbeskrywing
'n 1-dag of 2-dae kursus vir studente van alle ouderdomme om hul eie skryfstem te ontdek - sintuiglike waarneming, woordkeuse, sinstruktuur en KI as skryfvennoot, alles prakties toegepas.
Prys
1 -dag kursus:
R 1 000 per student - middagete en verversings ingesluit.
2 -dae kursus:
R 2 725 per student - etes, beddegoed, handdoeke en slaapplek ingesluit.
Vereistes
Bring 'n waterbottel. Studente van alle ouderdomme welkom.
Werk slimmer, nie harder
Slim Studeer
Kursusbeskrywing
'n 2-dae / 1-nag residensiële program vir hoërskool- en universiteitstudente, waar KI, studievaardighede en persoonlike verantwoordelikheid saamvloei. Studente bring hul eie studiewerk saam en stap weg met 'n persoonlike studiestelsel, weeklikse skedule en KI-strategieë wat by hul werklike lewens pas.
Prys
R 2 725 per student - etes, beddegoed, handdoeke en slaapplek ingesluit.
Vereistes
Hoërskool of universiteit studente van enige vakkobinasies. Aktiewe Gmail-rekening benodig.
groei jou self-vertroue
Die Vrou 2.0
Kursusbeskrywing
'n Een-dag werkswinkel (09h00–16h00) vir vroue van alle agtergronde. Leer hoe om KI as 'n persoonlike hulpmiddel te gebruik - vir gesondheid, geld, tyd en moeilike gesprekke. Ontdek jou kleure en styl, ontwerp jou eie beelde, leer die POR-formule, en bou 'n persoonlike lewensplan met stelsels wat om jou werklike lewe werk.
Prys
R 1 000 per persoon - middagete en verversings ingesluit.
Vereistes
Bring 'n waterbottel. Geen vorige kennis van KI benodig nie. Aktiewe Gmail-rekening benodig.