- Ons Storie
- Kursusse
Ons Storie
met verantwoodelike Kunsmatige Intelligensie
Droom • Dink • Doen
Waar idees, tegnologie en selfontdekking saamkom
Wie is ons?
By Kleinbosch is dit ons doel om leerders ten volle vir die werkswêreld toe te rus, terwyl hulle terselfdertyd hul passies, drome en talente ontdek. Ons bied 'n omvattende ervaring wat ontwikkeling op verskeie vlakke ondersteun — vandaar ons leuse: droom, dink en doen. Ons moedig leerders aan om groot te droom, stimuleer kreatiewe denke en kweek entrepreneursvaardighede. Hulle word toegerus met die nodige kennis en insig om krities en logies te besluit, kry blootstelling aan kunsmatige intelligensie (KI), en leer om planne te ontwikkel wat hul toekoms sal vorm. Laastens word hulle aangemoedig om te doen deur praktiese vaardighede, goeie kommunikasie en al die lewensgereedskap wat nodig is om suksesvol die werkswêreld te betree, aan te leer.
Die Afrikaanse taal en kultuur staan sentraal by Kleinbosch, sodat leerders in hul moedertaal kan groei en hul identiteit met trots kan uitleef. Die plaaslewe bied 'n unieke geleentheid om naby die natuur en landboupraktyke te leef, terwyl sportsoorte soos vlugbal, netbal, jukskei en sokker vir ontspanning en samehorigheid sorg. Leerders neem deel aan opvoedkundige kursusse en word deur inspirerende sprekers verryk, terwyl die koshuise en eetsale 'n sterk gemeenskapsgees kweek. Die Afrikaanse museum hou ons taal en geskiedenis lewendig, en moderne hulpmiddels en tegnologie berei leerders deeglik voor vir die uitdagings wat in die werkswêreld op
Waar Afrikaans Wortel Geskiet Het
Geskiedenis van Kleinbosch
Kleinbosch is 'n historiese plaas in Daljosafat naby die Paarl. Die plaas is reeds in 1692 aan François du Toit, 'n Hugenote-vlugteling, toegeken. Eeue later sou hierdie grond bekend word as die plek waar Afrikaans sy eerste beslissende tree gegee het. S.J. du Toit, wat in 1847 op Kleinbosch gebore is, het 'n diep passie vir Afrikaans gekoester. Saam met sy broer, D.F. du Toit, het hy onvermoeid gewerk om Afrikaans as volwaardige taal te bevorder. Hulle het die Genootskap van Regte Afrikaners in die lewe geroep en die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, uitgegee. S.J. du Toit het ook die eerste pogings aangewend om die Bybel in Afrikaans te vertaal — 'n droom wat uiteindelik in 1933 met die verskyning van die eerste volledige Afrikaanse Bybel verwesenlik is.
Op Kleinbosch is die Hugenote Gedenkskool in 1882 gestig — die eerste skool waar klasse in Afrikaans aangebied is. Bekende Afrikaanse skrywers soos Totius en D.F. Malherbe het hul skoolopleiding hier ontvang. Vandag is Kleinbosch veel meer as net 'n plaas. Dit is terselfdertyd 'n museum, 'n erfenisterrein en 'n skool waar die verhaal van Afrikaans se geboorte en groei steeds lewendig gehou word.
Babylonstoren
Die Susterlandgoed
Babylonstoren is een van die oudste Kaaps-Hollandse plase, gestig in 1692 in die Drakenstein-vallei tussen Franschhoek en Paarl. In 2007 is dit oorgeneem en herstel deur Karen Roos en Koos Bekker. Babylonstoren is bekend vir sy reuse tuin van 3,5 hektaar met groente, vrugtebome, kruie, ’n doolhof en selfs waterkenmerke. Hier kan besoekers stap, proe, deelneem aan tuinaktiwiteite en leer oor boer-tot-tafel leefstyl. Daar is ook restaurante soos Babel en die Glaskas, asook akkommodasie in stylvolle huisies en ’n spa vir ontspanning. Die tuin is ontwerp om skoonheid, biodiversiteit en gesondheid te vier. Alles werk saam rondom die idee dat kos, natuur en kultuur ’n eenheid vorm.
Die Susterlandgoed
Verken Buitelands
Hulle fokus almal op natuur, geskiedenis, tuin- en kultuurerfenis, gasvryheid en plattelandse ervaring. Babylonstoren is ’n ervaring van kos, kuns, tuine en stilte – ’n plek waar jy kan rus, leer en die natuur geniet. Die susterlandgoedere dra dieselfde styl en waardes na ander lande toe uit.