- Ons Storie
- Kursusse
Kursus
Bou 'n Besigheid
droom • dink • doen • met menslikheid in die middel
Vir wie is hierdie kursus?
Die Bou 'n Besigheid Kursus is ’n 4-dae / 3-nagte intensiewe program wat mik om leergierige Graad 10 - 12 leerders toe te rus met die toekomsvaardighede om kunsmatige intelligensie prakties en verantwoordelik te gebruik, werklike probleme op te los en kreatief te dink. Deur ’n unieke kombinasie van selfontdekking, entrepreneurskap, innovasie en liggaamlike integrasie ontwikkel leerders hul eie idees tot ’n prototipe, webtuiste of advertensie. Hierdie program is meer as net ’n kursus — dit is ’n ontwikkelingsreis wat selfvertroue, probleemoplossing en toekomsgerigte denke bevorder.
droom • dink • doen • met verantwoordlike KI
Visie
Hierdie program is ontwerp as ’n geïntegreerde, hoë-impak leerervaring vir leergierige Graad 10 - 12 leerders waarin kunsmatige intelligensie, entrepreneurskap en persoonlike doelgerigtheid saamvloei.
Die doel is om leerders:
- te help om hul eie betekenis en rigting (Ikigai) te ontdek
- werklike probleme te identifiseer
- KI as ’n skeppingsvennoot te gebruik
- vinnig te bou, te toets en te verbeter
- selfvertroue te ontwikkel deur aanbiedings en samewerking
Kern Pilare
Idees moet betekenisvol wees vir die leerder en relevant tot ’n werklike behoefte.
Bou → Toets → Leer → Verbeter
Foute word as leergeleenthede beskou.
Moderne KI-toepassings word prakties aangewend vir ideevorming, ontwerp, kommunikasie en prototipering.
Meditasie, plaasaktiwiteite en sport ondersteun kreatiwiteit, fokus en emosionele regulering.
KI, Entrepreneurskap en Doelgerigtheid
Kursus Inligting
Leeruitkomste
-
Ontdek sterkpunte, belangstellings en doelgerigtheid en leer hoe om dit in betekenisvolle idees te omskep.
-
Leer om werklike probleme kreatief en strategies op te los met ’n entrepreneuriese ingesteldheid.
-
Kry praktiese ervaring met ChatGPT en ander KI-instrumente vir ideevorming, navorsing en skepping.
-
Ontwikkel ’n eie projek, prototipe, webtuiste of advertensie en sien hoe idees tot lewe kom.
-
Bou vaardighede in handelsmerkontwikkeling, kommunikasie en aanbieding om idees met selfvertroue te deel.
-
Groei in samewerking, probleemoplossing en toekomsgerigte denke in ’n dinamiese, kreatiewe leeromgewing.
Wat word ingesluit?
- Alle etes is ingesluit; die styl is tradisioneel maar gesond.
- Dieetvoorkeure soos vegetaries en halaal word binne praktiese perke hanteer.
- Aparte slaapsale vir seuns en meisies; beddegoed is ingesluit.
- Twee begeleidende onderwysers word apart op die terrein gehuisves.
- Veilige, begeleide residensiële program met ’n duidelike veiligheidsraamwerk.