KI vir Onderwysers

Klaskrag

Assesseer met meer insig. Klaskrag is ’n Praktiese werkswinkel vir onderwysers wat meer uit leerderpunte wil sien.

Vir onderwysers van Graad 8–12 · Enige vak · Geen vorige KI-kennis nodig

Klaskrag

Punte in Dieper Perspektief

’n Praktiese werkswinkel waar jy leer om KI as ’n tweede oog op jou leerderdata te gebruik – sodat jy patrone, gapings en individuele leerbehoeftes kan raaksien wat ’n punt alleen nie wys nie.

Jy bring jou eie gemerkte werk. Jy werk met jou eie klas. Jy stap weg met ’n duideliker idee van wat volgende moet gebeur.

Van ’n punt na ’n besluit

Assesseer met meer insig

12 uit 20 vertel jou nie die hele storie nie.

Een leerder het die hele vraestel aangepak en punte verloor op rekenfoute. ’n Ander het ses vrae reggekry en vier leeg gelos.

Dieselfde punt. Twee verskillende leerprobleme.

Van punte na insig. Van insig na aksie.

Klaskrag wys jou hoe om die inligting wat reeds in jou assesserings lê, beter te gebruik.

Stap 1

Sien wat die punt wegsteek

Kyk verby die persentasie om te sien wat ’n leerder se antwoorde werklik oor begrip wys.

Stap 2

Kry ’n tweede oog op jou merkwerk

Gebruik KI om gemerkte werk teen jou memorandum te ondersoek – en leer hoe om KI se waarnemings te kontroleer, te aanvaar of te verwerp.

Stap 3

Vind die klas se werklike gapings

Gebruik patrone in leerderantwoorde om te ondersoek waar leerders sukkel. Belangriker nog: leer om ’n patroon nie sommer met ’n oorsaak te verwar nie.

Stap 4

Fokus op die individuele leerder

Volg individuele leerders se patrone oor meer as een assessering en identifiseer wie verdere ondersteuning of ’n gesprek nodig het.

Die resultaat?

’n Beter manier om jou bestaande assesserings te lees en te besluit wat jou leerders volgende nodig het.

Kortliks

Koste R200pp of R500 vir drie onderwysers van een skool. -Verversings en drankies ingesluit.

'n Middag-werkswinkel en netwerkgeleentheid (15:00-18:00) wat mik om onderwysers toe te rus met praktiese vaardighede om kunsmatige intelligensie verantwoordelik in hul daaglikse klas te gebruik.

Kontak my om 'n die 3-persoon aanbod aan te stuur by kdebeer@babylonstoren.com

Die kursus vind plaas by Kleinbosch Plaaswerf, Kleinbosch pad, Paarl, 7646

Een middagsessie: 15:00-18:00

Onderwysers van Graad 8 tot 12, enige vak.

Of jy reeds met KI werk of nog nooit ChatGPT oopgemaak het nie, jy kan deelneem.

Die fokus is nie op die tegnologie self nie.

Die fokus is op jou leerders, jou assesserings en die besluite wat jy as onderwyser moet neem.

Kontak gerus vir Karin de Beer

021 863 3852 / 082 858 0621

kdebeer@babylonstoren.com