- Ons Storie
- Kursusse
Kursus
Slim Studeer
droom • dink • doen • met menslikheid in die middel
Vir wie is hierdie kursus?
Die Slim Studeer met KI Kursus is 'n praktiese twee-dag program wat mik om hoërskool studente van enige graad of universiteit student van enige vakkombinasie toe te rus met die vaardighede om kunsmatige intelligensie verantwoordelik en doelgerig te gebruik om hul eie studies te bevorder. Studente bring hul eie skoolwerk, handboeke en uitdagings saam en stapsgewys met persoonlike studieplanne, weeklikse skedules en KI-strategieë wat by hul werklike lewens inpas. Hierdie program is meer as net 'n studiekursus. Dit is 'n omvattende ontwikkelingservaring wat selfdissipline, dieper denke en akademiese selfvertroue bevorder.
droom • dink • doen • met verantwoordlike KI
Visie
Hierdie program is ontwerp as 'n geïntegreerde, hoë-impak leerervaring vir hoërskool of universiteit studente waarin kunsmatige intelligensie, studievaardighede en persoonlike verantwoordelikheid saamvloei. Studente stap daar weg weg met ‘n beter begrip op hul werk, ‘n aksie plan vir huidige en toekomende toets/eksamen tye, en die self-vertroue om KI verantwoordelik te gebruik om meer kennis vinniger te bemeester.
Die doel is vir studente om hul eie leerwerk te gebruik om:
- te help om hul eie leerstyl en breinwerking te verstaan
- KI as 'n studievennoot te gebruik in die plek van 'n plaasvervanger vir krities dink
- praktiese stelsels vir tyd, fokus en gewoontes te ontwikkel
- vinnig en doelgerig te studeer sonder om uit te brand
- selfdissipline en eerlikheid op te bou rondom skoolwerk en KI-gebruik
Kern Pilare
Die brein groei wanneer dit sukkel. KI moet die proses ondersteun, nie vervang nie. Elke tegniek wat aangeleer word, dwing studente om eers self te dink.
Verskillende vakke vereis verskillende KI-strategieë. Wiskunde werk anders as Geskiedenis; Chemie werk anders as Regte. Studente leer wanneer en hoe om elke benadering te gebruik op ‘n praktiese manier.
Moderne KI-toepassings word prakties aangewend vir konsep-verduideliking, self-toetsing, opstel- of projekterugvoer, studie beplanning en konsentrasie-ondersteuning.
Tydbestuur, Pomodoro-tegnieke, weeklikse skedules en gewoontevorming ondersteun volhoubare studie en voorkom uitbranding.
Werk slimmer, nie harder met KI
Kursus Inligting
Leeruitkomste
- Verstaan hoe die brein leer en wanneer KI help of skade doen.
- Leer om opdragte (porre) te skryf wat KI dwing om op te voed in plaas van net antwoorde te gee.
- Kry praktiese ervaring met ChatGPT, Claude, Gemini en ander KI-instrumente vir studie en navorsing.
- Ontwikkel 'n persoonlike weeklikse skedule en studiestelsel wat by hul werklike lewe pas.
- Bou vaardighede in self-toetsing, opstelredigering en kritiese denke om akademiese werk te verbeter.
- Groei in selfdissipline, tydbestuur en eerlikheid in 'n digitale leeromgewing.
Wat word ingesluit?
- Alle etes is ingesluit; die styl is tradisioneel maar gesond.
- Dieetvoorkeure soos vegetaries en halaal word binne praktiese perke hanteer.
- Aparte slaapsale vir seuns en meisies; beddegoed is ingesluit.
- Twee begeleidende onderwysers word apart op die terrein gehuisves.
- Veilige, begeleide residensiële program met ’n duidelike veiligheidsraamwerk.