Waar menslikheid en KI saamkom.

Droom · Dink · Doen

Kleinbosch is ’n plek waar mense kan droom, dink en doen — waar erfenis en innovasie saamkom om leer anders te laat voel.

Van entrepreneurskap en kreatiewe skryfwerk tot wiskunde, onderwys — ons programme verskil, maar ons doel bly dieselfde:

Om mense te bemagtig met KI, sodat hulle hul drome kan realiseer.

Waar idees, tegnologie en selfontdekking saamkom

Leer vir die toekoms

By Kleinbosch gebeur leer deur te droom, dink en doen.

Jy kry nuwe kennis, leer praktiese vaardighede, werk met KI en ontdek onderweg meer van jou eie sterkpunte en moontlikhede.

En dan is daar die plaas: vars lug, diere, kos, sport en ruimte om asem te haal.

Ons glo goeie leer gaan nie net oor wat jy weet nie. Dit gaan oor wat jy daarmee kan doen.

Waar Afrikaans Wortel Geskiet Het

Geskiedenis van Kleinbosch

Kleinbosch is ’n historiese plaas in Daljosafat, naby die Paarl, met ’n besondere plek in die verhaal van Afrikaans.

Hier het mense reeds meer as ’n eeu gelede geglo dat taal en onderwys die vermoë het om die toekoms te verander.

Vandag bou ons op daardie nalatenskap.

Met een voet in ons geskiedenis en die ander in die toekoms.

Lees meer oor ons geskiedenis

Ontdek jou potensiaal

Kursusse

Bou 'n Besigheid

Van ’n idee tot ’n werklike besigheid. Leer om probleme raak te sien, oplossings te ontwikkel en KI te gebruik om jou idee te bou.

Meer Inligting

Skryfkuns

Ontdek die krag van jou eie stem. Skryf, eksperimenteer en gebruik KI as kreatiewe vennoot.

Meer Inligting

Meetkunde Meester

Maak meetkunde minder intimiderend. Bou begrip, vaardigheid en selfvertroue deur te leer hoe om probleme aan te pak.

Meer Inligting

Die Vrou 2.0

’n Ruimte vir vroue om hulself, hul moontlikhede en hul volgende hoofstuk te herontdek.

Meer Inligting