Kursus

Matriek Chemie Hersiening

droom • dink • doen • waar erfenis en innovasie ontmoet

Vir wie is hierdie kursus?

Die Matriek Chemie Hersieningskursus is 'n 3-dae / 2-nagte intensiewe residensiële program wat gemik is op Graad 12-leerders wat Fisiese Wetenskappe Vraestel 2 wil bemeester vir die rekord- en eindeksamens. Die kursus is geskik vir leerders wat hul begrip van organiese chemie en elektrochemie, reaksietempo en ewewig, sure en basisse en stoïgiometrie wil versterk. Verstaan chemiese konsepte deur temas visueel en prakties te benader eerder as bloot uit 'n handboek te leer. Dit is die eerste van drie in Kleinbosch Matriek Hersieningsreeks vir eksamens en bied 'n stewige grondslag vir die Matriek Wiskunde en Fisika kursusse wat volg.

droom • dink • doen • met praktiese toepassing

Visie

Hierdie program is ontwerp as 'n geïntegreerde, hoë-impak leerervaring vir Graad 12-leerders waarin Chemie nie net hersien word nie maar as 'n verhaal vertel word — van atome en molekules tot reaksies, ewewig en elektrochemie. Ons mik om leerders toe te rus met die vaardighede om chemiese vrae met selfvertroue te benader deur visualisering van kernkonsepte, interpretasie van probleemstellings en geteikende eksamenoefening.

Die doel is om leerders:

  • Chemie as 'n samehangende verhaal te sien eerder as losstaande hoofstukke
  • stoïgiometrie, ewewig en sure & basisse dieper te verstaan en probleemoplossing korrek toe te pas
  • organiese chemie se strukture, reaksies en benamingsreëls te bemeester
  • galvaniese en elektrolitiese selle beter te verstaan deur visuele modelle
  • bloot te stel aan 'n unieke residensiële leerervaring gemik op die nuwe generasie met toekomsvaardighede toerus

Kern Pilare

Chemiese konsepte word deur visuele modelle verduidelik sodat leerders die molekules, reaksies en verbindings op 'n nuwe manier kan insien.

Chemie word nie as losstaande hoofstukke aangebied nie. Intermolekulêre kragte skakel na organiese eienskappe; stoïgiometrie skakel na ewewig; oksidasie-reduksie verbind Chemie aan Elektrochemie.

Leer tegnieke om eksamens strategies te benader wat tyd en stres spaar.

Meditasie, plaasaktiwiteite en sport ondersteun fokus, breinstimulasie en regulering van stres.

Begrip, toepassing en selfvertroue

Kursus Inligting

Leeruitkomste

  • Verstaan en verduidelik chemiese verandering - vergelykings, stoïgiometrie, energetika, reaksietempo en ewewig - as 'n samehangende geheel.
  • Pas sure- en basisteorie, pH-berekeninge en titrasies korrek toe in eksamen-konteks.
  • Benoem, teken en klassifiseer organiese verbindings en voorspel reaksie-uitkomste.
  • Verstaan en verduidelik galvaniese en elektrolitiese selle deur halfreaksies en standaard-reduksiepotensiale.
  • Benader eksamens strategies en met selfvertroue deur algemene slaggate te herken en ander geteikende eksamentegnieke vir tydbesparing en stresvermindering.

Wat word ingesluit?

  • Alle etes is ingesluit; die styl is tradisioneel maar gesond.
  • Dieetvoorkeure soos vegetaries en halaal word binne praktiese perke hanteer.
  • Aparte slaapsale vir seuns en meisies; beddegoed is ingesluit.
  • Twee begeleidende onderwysers word apart op die terrein gehuisves.
  • Veilige, begeleide residensiële program met ’n duidelike veiligheidsraamwerk.