Kursus

Matriek Fisika Hersiening

droom • dink • doen • waar erfenis en innovasie ontmoet

Vir wie is hierdie kursus?

Die Matriek Fisika Hersieningskursus is 'n 4-dae / 3-nagte intensiewe residensiële program wat gemik is op Graad 12-leerders wat hul begrip van Fisika wil verdiep vir Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 tydens die record- en eindeksamens. Die kursus is veral geskik vir leerders wat voel dat hulle memoriseer eerder as verstaan, wat sukkel om eksamenvrae te interpreteer, of wat die verbande tussen verskillende temas nie duidelik sien nie. Dit skakel perfek saam die Matriek Wiskunde en Chemie kursusse van Kleinbosch se Matriek Hersieningsreeks.

droom • dink • doen • met praktiese toepassing

Visie

Hierdie program is ontwerp as 'n geïntegreerde, hoë-impak leerervaring vir Graad 12-leerders waarin Fisika nie as 'n versameling formules beskou word nie, maar as 'n samehangende verhaal oor hoe die wêreld werk. Die visie is om elke leerder toe te rus om 'n eksamenvraag te kan lees, interpreteer en aanpak vanuit begrip eerder as uit geheue.

Die doel is om leerders:

  • te help om Fisika-temas as 'n geïntegreerde geheel te sien eerder as losstaande hoofstukke
  • eksamenvrae te leer interpreteer en strategies aan te pak
  • visuele modelle te gebruik om konsepte vas te lê
  • selfvertroue te bou deur praktiese toepassing en groepwerk
  • bloot te stel aan 'n unieke residensiële leerervaring gemik op die nuwe generasie met toekomsvaardighede toerus

Kern Pilare

Elke sessie is ontwerp om konsepte visueel en prakties vas te lê eerder as om formules te herhaal. Studente leer om te verstaan hoekom 'n wet werk, nie net hoe om dit toe te pas nie.

Leerders leer om 'n eksamenvraag volledig te ontleed - konteks identifiseer, gegewens isoleer en die bepaal presies wat gevra word voordat enige berekening begin.

Verbindingssessies wys eksplisiet hoe temas mekaar voed: Newton gee wette vir beweging, arbeid en projektielbewegings gebruik dit, energie beskryf dit. Leerders verlaat die kursus met 'n dieper begrip van die kernkonsepte voor die eksamenvraestel.

Meditasie, plaasaktiwiteite en sport ondersteun fokus, breinstimulasie en regulering van stres.

Begrip, toepassing en selfvertroue

Kursus Inligting

Leeruitkomste

  • Verstaan en verduidelik die kernkonsepte van Meganika, Golwe en Klank, Stroombane en Elektrostatika en Materie & Materiale as 'n samehangende geheel.
  • Interpreteer eksamenvrae strategies deur 'n sistematiese benadering toe te pas eerder as ‘n geleerde patroon.
  • Los komplekse probleme op deur die korrekte wet of beginsel te identifiseer en toe te pas.
  • Voer eenvoudige praktiese eksperimente uit en vergelyk gemete resultate met teoretiese voorspellings.
  • Herken verbande tussen temas van Fisika, Wiskunde en Chemie.
  • Benader eksamens strategies en met selfvertroue deur algemene slaggate te herken en ander geteikende eksamentegnieke vir tydbesparing en stresvermindering.

Wat word ingesluit?

  • Alle etes is ingesluit; die styl is tradisioneel maar gesond.
  • Dieetvoorkeure soos vegetaries en halaal word binne praktiese perke hanteer.
  • Aparte slaapsale vir seuns en meisies; beddegoed is ingesluit.
  • Twee begeleidende onderwysers word apart op die terrein gehuisves.
  • Veilige, begeleide residensiële program met ’n duidelike veiligheidsraamwerk.